Die Bielie (sitronella) van die Bosveld – Daniélle Kleyn

Sitronella kry sy naam van die Franse woord “citronelle”, wat “suurlemoenbalsem” beteken. Vir eeue is sitronella in lande soos Sri Lanka en Indonesië gebruik om inflammasie, uitslagte en infeksies te behandel.

Vandag nog is sitronella-olie propvol voordele, onder andere:

1. Dit kan jou hare en vel beskerm teen sonlig.

2. Dit kan bloedsomloop verbeter en spierkrampe verlig wanneer die olie gebruik word in massering.

3. Sitronella is bewys om die verspreiding van bakterieë deur die lug te vertraag.

4. Terwyl sitronella vir mense ‘n aangename reuk het, verpes muskiete die reuk daarvan. ‘n Studie in 2011 het bevind dat sitronella van die effektiefste middels teen muskiete is.

5. Dit bring ook verligting vir muskietsteke wat jeuk.

6. Die genesing van veltoestande soos aknee, ekseem en dermatitis word vergemaklik deur sitronella-olie.

7. Sitronella-olie kan persone wie sukkel met olierige hare help om olieproduksie te reguleer deur dit gereeld aan die hare te wend.

8. Sitronella-olie kan met sjampoe gemeng word om hare meer volume te gee.

9. Sitronella word in talle skoonmaakprodukte gebruik.

10. Die reuk daarvan kan jou rustiger laat voel.

Al Is Moz Bos se produkte is propvol sitronella en wilde salie. Jy kan dus die muskiete weghou sonder om soos insekweerder te ruik!

IsMozBos