ONS

STORIE

Die storie van dié besonderse bosseep het begin by ‘n ware bosliefhebber wat haar grootste inspirasie in ‘n prentjiemooi bosveldlandskap gevind het. Erens op ‘n verlate grondpad in die verruklike Botswana het die aanloklike aardse reuk van wildesalie haar aandag getrek – in vervoering met die geurige struik wat so eg bosveld ruik het sy net daar besef dat dit gedeel moet word met ander. Bondels en takke was bymekaar gemaak en sorgvuldig verpak – en so het sy vertrek met ‘n tas vol wildesalie en ‘n kop vol drome. Kort voor lank het sy met haar finesse vir formules begin met die ontwikkeling en vervaardiging van ‘n besonderse lyfprodukreeks wat geïnspireer is deur die beeldskone eenvoud van die bosveld. IsMozBos se Bosseep is ‘n klein stukkie bosveld-bederf waarmee jy op reis of by die huis die muskiete kan eenkant hou en jou verlustig aan die onmiskenbare geur van die bosveld.

BOSPRODUKTE

Rina Lombard het IS MOZ BOS-muskietafwerende produkte amptelik in Desember 2016 begin. IS MOZ BOS het met slegs een produk begin. Sy het besluit om vyf boksies te maak met verskillende kleure vir verskillende mense se behoeftes. Sy het begin om haar produk by Apteek groepe te verkoop, veral met haar agtergrond en ondervinding in die bedryf. Pieter van Dyk van Harties Apteek het haar passie raakgesien en omdat die Hartbeespoort dam natuurlik baie muskiete lok, het die produk goed begin verkoop. Van Heerden Apteek groep was volgende om haar produkte te verkoop. Vandag is Is Moz Bos by Outdoor Warehouse takke beskikbaar. Gastehuise, alle Van Heerden Apteke, Outdoorphoto en Krugerwildtuin Skukuza winkel is maar net ‘n paar van Is Moz Bos se kliënte. Produkte word ook nou na Malawi en ander dele in Afrika versprei.

SEE-PRODUKTE

Op ‘n strand in die Suidkus saam met agt skoolvriendinne, is die Stigter van die uiters suksesvolle Is Moz Bos skoonheidsreeks, geinspireer deur die sagte plotseling van die branders en die gevoel van sand tussen haar tone. Só  is die Is Moz See reeks gebore!

Gemaak uit net die beste kwaliteit bestandele wat plaaslik bekom is. Elke produk bevat ook Is Moz-reeks se kenmerkende sitronella-ekstrak en wildesalie om te verseker dat die muskiete en sandvlooie nie op jou lyf vakansie hou nie!

Maak seker jy neem die Is Moz See produklyn saam met jou see toe. Indien jy hierdie vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, gebruik Is Moz See se produkte terwyl jy langs die swembad uitspan en die reuke sal jou laat voel asof jy by die see is!