Muskiete ‘salie’ pla nie!

Salie behoort saam met ander kruie soos roosmaryn en tiemie aan die kruisement (mint) familie. Dit is ‘n meerjarige plant met ‘n gemiddelde leeftyd van vier jaar. Salie is nie slegs ‘n natuurlike reukweerder nie, maar het baie ander voordele.

Salie is van die eerste plante wat destyds gebruik is vir medisinale redes. Die Khoi het dit gebruik om borskwale te behandel. Die Nederlanders aan die Kaap het salie-tee, suurlemoensap en sout gemeng om maagaandoenings te behandel. Praat van ‘n wonderplant!

Salie is ryk aan antioksidante, wat geassosieer word met verbeterde breinfunksie en geheue. Kenners voer aan dat salie die konsentrasie van chemikalieë in die brein wat verantwoordelik is vir die oordrag van intraserebrale boodskappe, verhoog. Die hoë antioksidantinhoud word ook ‘met n verlaagde risiko vir kanker geassosieer. Salie word soms ook gebruik om verkoues, ‘n seer keel en griep vinniger te laat opklaar. Boonop dra die antimikrobiese effekte by tot beter mondhigiëne. Navorsing toon dat salie-olie die verspreiding van Candida albicans, ‘n fungus wat gaatjies in jou tande veroorsaak, kan kortwiek.

Goeie nuus vir die dames, sommige mense beweer dat salie-olie tekens van veroudering soos plooie teenwerk en jou hare kant versterk. Dit mag ook help om die vorming van aknee te voorkom.

Salie word vandag nog geprys dat dit anti-inflammatoriese effekte het. G’n wonder dit werk so goed teen muskietsteke nie! Gebruik Is Moz Bos produkte propvol wildesalie en die muskiete salie’ pla nie!

*Daniélle Kleyn

IsMozBos