Uit die mond van die suigeling – Muskiet

Die Desembervakansie in Suid-Afrika is sinoniem met see, feesvieringe en minder aangenaam- muskiete! Daar is altyd daardie een persoon in ‘n gesin of vriendegroep wat deurloop onder die muskiete, terwyl muskiete vir ander mense ‘n blote mite is.

Muskiete ‘salie’ pla nie!

Salie behoort saam met ander kruie soos roosmaryn en tiemie aan die kruisement (mint) familie. Dit is ‘n meerjarige plant met ‘n gemiddelde leeftyd van vier jaar. Salie is nie slegs ‘n natuurlike reukweerder nie, maar het baie ander voordele.

Waar het alles begin?

Iewers in die Botswana Bosveld is die idee van Is Moz Bos gebore toe ‘n bosnooi gesmag het na ‘n muskietweerder wat ook aangenaam ruik. Net daar en dan het sy besluit om die geleentheid vir entrepreneurskap aan te gryp en bosseep te vervaardig.